n Geleentheid om saam as "Vriende in Jesus" te sing, lag en te speel.
'n Jeug Groep met n passie vir Aksie saam met Christus.
Wie is Ons?
Ons is n groep ouers en vriende, in die Alberton Gauteng area, wat saam gekom het om n spasie te skep waar ons kinders en hul vriende kan saam kom as gemeenskaplike "Vriende in Jesus". Waar ons as 'n vriende gemeenskap mekaar kan ondersteun en saam kan groei as mede gelowiges in Christus. Ons verwelkom graag enige tiener van Graad 7 tot Graad 12 om by die TAG groep in te skakel deur die vorm aan die einde van hierdie blad in te vul.
Die doel is om n veilige geleentheid te skep waar ons kinders saam kan vergader en as vriende hul self kan uit leef.
Alleen die Bybel bevat God se besondere openbaring.
Dit is Christus alleen wat ons red, nie jou bekering of gevoel of goeie werke van watter aard ook al, het enige aandeel in jou redding nie.
Daarmee bely ons dat daar hoegenaamd geen rede in onsself lê waarom God ons sal red nie. God red ons terwyl ons nog sondaars is. Selfs die geloof skenk Hy. Die uitverkiesing beteken nie dat God ons uitverkies het omdat Hy vooruit gesien het dat ons sou glo nie. Nee, uit genade alleen het Hy gelowiges uitverkies sodat hulle sal glo. Dit is werklik uit genade alleen!
“Deur die geloof” wil uitdrukking daaraan gee dat dit langs die weg van geloof is wat ons gered word. Dit is nie die geloof self wat ons red nie, maar dit is langs die weg van geloof alleen dat ons aan Christus gebind word. Geloof is die leë hande waarmee ons Jesus Christus en al sy weldade ontvang. Daar is slegs een wyse om Jesus Christus te ontvang en dit is deur die geloof alleen. Hierdie geloof is ‘n gawe van God. Dit word in ons bewerk en versterk deur die Woord van God. As jy in jou geloof versterk wil word, moet jy jou blootstel aan die Woord van God en aan die bediening van die sakramente.
Die reformasie het mense opnuut daarvan bewus gemaak dat dit in die hele lewe om God gaan en dat Sy eer bo alles staan. Daarom is dit so belangrik dat ons ook met betrekking tot ons redding sal luister hoe God se eer voorop staan in die hele proses. Laat ons dan opnuut daarna soek hoe God alleen die eer kry, in ons redding, maar ook op elke ander terrein van die lewe. Hy is die God van elke beroep, politiek, ekonomie, kuns, wetenskap, sport.
17 Mei 2024, Ons bou BURGERS saam en geniet die aand.
7 June 2024, In beplanning, Binnekort Bekend!!